leer perdry in ‘n dag
Leer om perd te ry in een dag. Klein groepe. Intensiewe een-tot-een afrigting. Teen die einde van die dag kan jy stap en draf – en as jy gereed is, stel ons jou bekend aan ‘n kort, beheerde galop. Jy sal nie net leer wat om te doen nie, maar hoekom dit werk.
EKSKLUSIEWE PERDRY KLINIEK
Wat gaan jy leer?
Veiligheid en grondwerk
Leer hoe om ‘n perd veilig te lei, van die grond af the hanteer, hoe om sy liggaamstaal te lees en ‘n veilige omgewing te skep nog voordat jy opsaal. Dit is die fondasie van ‘n goeie ruiter – en dit hou jou veilig.
Opsaal, stuur en stop met gemak
Leer hoe om jou perd te stuur met sagte, duidelike seine. Jy sal voel hoe jou perd op jou liggaamstaal reageer – en jy sal weet hoe om hom te laat stop wanneer jy daarvoor vra.
Stap en draf met selfvertroue
Ons bou jou balans totdat jy ontspanne en gebalanseerd kan draf. Jy sal voel wanneer dit reg voel – en ons sal daar wees om jou te help.
Inleiding tot ‘n rustige galop
** INDIEN GEREED
‘n Rustige galop (collected canter) Vir vinnige leerders – ‘n kort, beheerde galop wat jou laat voel wat perdry werklik is. Net wanneer jy gereed is, en net so ver as waarmee jy gemaklik voel.
Hoekom seine werk
Ons verduidelik die ‘hoekom’ agter elke sein. As jy verstaan hoekom jou perd op ‘n sekere manier reageer, sal jy dit altyd onthou – en dit maak jou ‘n beter ruiter.
skryf in
Wie kan inskryf?
Enige iemand van ouderdom 9 tot 65. Gevorderede ruiters wat hul rykuns wil opknap is ook welkom. Ons bepaal jou vlak en bou verder daarop.
Wat is ingesluit
- Gebruik van ‘n kalm, goed-opgeleide perd
- Rydhoed (geen hoed, geen ry)
- Verversings (tee, koffie, sap)
- Piekniek (opsioneel)
- Roset wat wys dat jy die kliniek voltooi het
- Digitale foto met jou perd
Kliniek Inligting
Besonderhede
- Duur: een volle dag (09:00 – 16:00)
- Groep grootte: Maksimum 3 ruiters
- Koste: R550 (slegs kliniek) / R650 (met piekniek)
- 50% Deposito vereis om plek te bevestig
Datums
Kliniek 1: Dinsdag 7 Julie
Kliniek 2: Woensdag 8 Julie
Kliniek 3: Donderdag 9 Julie
Bespreek jou plek
Kliek op WhatsApp om ons te kontak
op 071 55 11 949 OF
Gebruik die kontakvorm hier onder
Slegs 3 plekke per dag!
kontak ons
Kontaknommer
+27 081 802 1784
Epos
info@perdletiek.co.za
Adres
Erf 7497 Augrabies 8847
Soek vir “Perdletiek” op Google Maps
Besiheidsure
Sondae tot Vrydae
Oop 9vm – 4nm
Toe op Saterdae
Services
Contact
081 802 1784
Search for Perdletiek or Equinastix on Google Maps. Located at the old Augrabies Backpackers
Hours
Closed Saturdays
Sunday – Friday
Open 8am – 6pm and for events or after hour bookings