Select Page

leer perdry in ‘n dag

Leer om perd te ry in een dag. Klein groepe. Intensiewe een-tot-een afrigting. Teen die einde van die dag kan jy stap en draf – en as jy gereed is, stel ons jou bekend aan ‘n kort, beheerde galop. Jy sal nie net leer wat om te doen nie, maar hoekom dit werk.

EKSKLUSIEWE PERDRY KLINIEK

Wat gaan jy leer?

Veiligheid en grondwerk

Leer hoe om ‘n perd veilig te lei, van die grond af the hanteer, hoe om sy liggaamstaal te lees en ‘n veilige omgewing te skep nog voordat jy opsaal. Dit is die fondasie van ‘n goeie ruiter – en dit hou jou veilig. 

Opsaal, stuur en stop met gemak

Leer hoe om jou perd te stuur met sagte, duidelike seine. Jy sal voel hoe jou perd op jou liggaamstaal reageer – en jy sal weet hoe om hom te laat stop wanneer jy daarvoor vra. 

Stap en draf met selfvertroue

Ons bou jou balans totdat jy ontspanne en gebalanseerd kan draf. Jy sal voel wanneer dit reg voel – en ons sal daar wees om jou te help.

Inleiding tot ‘n rustige galop 

** INDIEN GEREED

‘n Rustige galop (collected canter) Vir vinnige leerders – ‘n kort, beheerde galop wat jou laat voel wat perdry werklik is. Net wanneer jy gereed is, en net so ver as waarmee jy gemaklik voel.

Hoekom seine werk

Ons verduidelik die ‘hoekom’ agter elke sein. As jy verstaan hoekom jou perd op ‘n sekere manier reageer, sal jy dit altyd onthou – en dit maak jou ‘n beter ruiter.

skryf in

Wie kan inskryf?

Enige iemand van ouderdom 9 tot 65. Gevorderede ruiters wat hul rykuns wil opknap is ook welkom. Ons bepaal jou vlak en bou verder daarop.

Wat is ingesluit

  • Gebruik van ‘n kalm, goed-opgeleide perd
  • Rydhoed (geen hoed, geen ry)
  • Verversings (tee, koffie, sap)
  • Piekniek (opsioneel)
  • Roset wat wys dat jy die kliniek voltooi het
  • Digitale foto met jou perd

Kliniek Inligting

Besonderhede
  • Duur: een volle dag (09:00 – 16:00)
  • Groep grootte: Maksimum 3 ruiters
  • Koste: R550 (slegs kliniek) / R650 (met piekniek)
  • 50% Deposito vereis om plek te bevestig
Datums

Kliniek 1: Dinsdag 7 Julie

Kliniek 2: Woensdag 8 Julie

Kliniek 3: Donderdag 9 Julie

 

 

Bespreek jou plek

Kliek op WhatsApp om ons te kontak
op 071 55 11 949 OF
Gebruik die kontakvorm hier onder

Slegs 3 plekke per dag!

kontak ons

7 + 13 =

Kontaknommer

+27 081 802 1784

Epos

info@perdletiek.co.za

Adres

Erf 7497 Augrabies 8847

Soek vir “Perdletiek” op Google Maps

Besiheidsure

Sondae tot Vrydae

Oop 9vm – 4nm

Toe op Saterdae

Contact

081 802 1784

Search for Perdletiek or Equinastix on Google Maps. Located at the old Augrabies Backpackers

Hours

Closed Saturdays

Sunday – Friday

Open 8am – 6pm and for events or after hour bookings

Copyright © 2026 Equinastix. All Rights Reserved.